top of page

UIT DIE PEN VAN 

PROF. V.E. D'ASSONVILLE

OOR DIE SKRYWER

Oupa 2 cropped.jpg

DIE SKRYWER – VE D’ASSONVILLE

Marnix Uitgewers het in die laat 70’s as ‘n familie besigheid  ontstaan en is die uitgewers maatskappy van die meerderheid boeke deur die skrywer VE d’Assonville, addisioneel tot ‘n klompie boeke wat ook deur ander uitgewers soos Tafelberg Uitgewers en Aros publiseer is.

Die naam Marnix is inspireer deur die naam van ‘n groot Hervormer van die 16de eeu, naamlik Marnix van Saint-Aldegonde. Marnix se lyfspreuk was  ”Repos ailleurs” wat beteken “Die rus is elders”, wat ook Marnix Uitgewers se kenteken is.

Prof. Victor d’Assonville is ’n bekende skrywer in Suid-Afrika. Meer as 40 boeke en sowat 250 tydskrifartikels het onder die naam VE d’Assonville uit sy pen verskyn. Sy boeke sluit ’n wye verskeidenheid van interessante Bybelse en geskiedkundige onderwerpe asook biografiese werke in.

Victor Edouard d’Assonville II is op 18 Augustus 1927 op ’n Vrystaatse plaas gebore en het sy akademiese studies in Potchefstroom, Edinburgh (Skotland) en Pietermaritzburg voltooi, daaronder die grade BA, Th.B., Th.M. en ’n Ph.D. asook ’n doktoraal in kerkreg. In sy bedieningstyd as predikant het hy vir meer as twee dekades verskeie gemeentes in die Gereformeerde Kerke met die Woord bedien, naamlik Pietermaritzburg, Johannesburg-Sentraal, Pretoria Sunnyside, Potchefstroom Noord, Cachet asook Potchefstroom Noordbrug. Vanaf 1979 af was hy onder meer Departementshoof in Bybelkunde aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (vandag die Noordwes Universiteit) en ook ’n Professor in Teologie aan die Fakulteit Teologie tot in 1992. Van 1986 tot 1988 was hy rektor van die Teologiese Skool in Potchefstroom en was ook ’n redakteur van Die Kerkblad. Sedert 1992 het prof. d’Assonville hom voltyds op sy skryfwerk toegespits. Die navorsing vir al sy boeke dek ’n verskeidenheid van teologiese en historiese onderwerpe en is in verskeie argiewe in Suid-Afrika en die buiteland gedoen.

 

Die skrywer fokus in sy Christelike publikasies op temas oor die Psalms, Kerkgeskiedenis en die Boek Openbaring – laasgenoemde boek is ook in Engels as ‘The Book of Revelation’ gepubliseer. Hy raak vraagstukke aan wat die moderne leser kan help om die Bybel beter te verstaan en as inspirasie en padkos vir die geloofslewe te dien. Sy boeke gee hoop en insig aan lesers met die probleme en kwessies van vandag en dui rigting aan in die alledaagse bestaan van die mens. Met een van sy nuutste boeke, ‘Hemel, Hel en Nuwe Jerusalem’ word die vraagstuk volgens die titel van die boek met insig en toepassing uit die Bybel behandel.

Die historiese boeke van prof. VE d'Assonville handel oor belangrike onderwerpe en gebeure in die geskiedenis van Suid-Afrika en die Boerevolk, bv. ‘Majuba’ en ‘Bloedrivier’ (beide boeke is in Afrikaans en Engels beskikbaar). Die boeke ‘Die Groot Diamantroof’ asook ‘Kruger en Rhodes’ handel oor gebeure tussen Boer en Brit in die negentiende eeu. Van sy boeke bring telkens nuwe navorsing en feite aan die lig oor momente in die Anglo-Boereoorlog (‘Generaal de Wet in die Vredefortkoepel’ en ‘Op die Bodem van die Vaaldam’), die Rebellie (‘O Vaalriver! ..., Broederstroom’ en ’n deel van ‘Op die Vaaldam se bodem’) en oor die werk van Eugène Marais in die Waterberge (Afrikaans en Engels).

Onder die biografiese werke deur die skrywer VE d’Assonville is sy biografie ‘SJ du Toit van die Paarl’ die mees omvattende. Die skrywer het ook jarelange navorsing oor die digter en Bybelvertaler, prof. dr. JD Du Toit (Totius) gedoen. Die vrug hiervan was drie boeke oor Totius en verskeie artikels wat publiseer is, nl. die omvattende biografie ‘Dit is Totius’, ’n vroeëre biografie ‘Totius – profeet van die Mooirivier’ (Tafelberg Pers), asook die ‘Oorlogsdagboek van Totius’.

Prof Victor d’Assonville het 95 jaar oud geword en is op 25 Augustus 2022 oorlede. Hy het sy vrou Therese (née van der Merwe) met wie hy 66 jaar getroud was, vyf kinders, sewentien kleinkinders en vyf agterkleinkinders agtergelaat. Hy is begrawe op die plaas Middendeel naby Boshof op die Vrystaatse vlaktes, waarvoor hy so lief was.

ABOUT THE AUTHOR

Prof. Victor d’Assonville is a well-known South African writer. He has written over 40 books and 250 articles as the author, VE d’Assonville (snr). His books include a wide range of topics on Christianity, History as well as several Biographies. Most of his books were written in Afrikaans, but several of his works were also published in English, eg Majuba, Blood River, Eugene Marais and the Waterberg and The book of Revelation.

Bio
News & Events
Contact

KONTAK

Kontak ons gerus vir enige navrae of meer inligting:

Kontak Ons

Dankie vir u navraag!

Ontvang Prof d'Assonville se nuutste artikels per epos:

bottom of page